Lahar

'n Lahar vloei met 'n riviervallei in Guatemala af naby die Santa María-vulkaan, 1989
Die nasleep van 'n lahar weens die uitbarsting van Galunggung, Indonesië, in 1982.

'n Lahar (van die Javaanse ꦮ꧀ꦭꦲꦂ) is 'n gewelddadige soort moddervloed wat uit 'n pappery van hoofsaaklik vulkaanpuin en water bestaan. Die materiaal vloei van 'n vulkaan af, gewoonlik met 'n riviervallei langs.[1]

Lahars is uiters verwoestend: Hulle kan teen tientalle meters per sekondes vloei, kan tot 140 m diep wees en kan enige struktuur in hulle pad verwoes. Noemenswaardige lahars sluit dié in by die berg Pinatubo en Nevado del Ruiz; laasgenoemde het duisende mense van die stad Armero doodgemaak.

  1. "Lahar". USGS Photo Glossary. Besoek op 19 April 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search